"'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
En oor my hulp sal hy hom verbly"
Psalm 91:16
KROONSTAD SENTRUM VIR BEJAARDES
Kroonstad sentrum vir bajaardes bied uitstekende fasiliteite en het pragtige tuine in die rustigheid van die Vrystaatse platteland. Kroonstad is in die middel van ʼn ryk landbougebied en halfpad tussen Johannesburg en Bloemfontein.
Dit maak dit ʼn ideale aftree ligging omdat dit naby al die belangrike stedelike geriewe is.
Hier kan inwoners kwaliteit lewe geniet met versorging in ʼn verskeidenheid van akkommodasie opsies.
AKKOMMODASIE
Kroonstand sentrum vir bejaardes bied ʼn verskeidenheid wooneenhede vir selfversorgende bejaardes sowel as diegene wie voltydse versorging benodig. Die Sentrum het meer as 150 woonstelle, huisies en kamers wat te huur of te koop aangebied word. Hier is voorwaar iets vir almal.

Selfsorg woonstelle/
huisies
• 6 x Bachelor woonstelle
(deel van ʼn kompleks) (Een slaapkamer met en-suit badkamer plus oopplan leef area en kombuis)
• 55 x Een- en tweeslaapkamer woonstelle
(Slaapkamer met en-suite-badkamer plus ruim leef- en kombuis area. Tweeslaapkamer woonstelle het ʼn aparte slaapkamer by, slegs een badkamer)
• 27 x Soeterus huisies
(Aparte slaapkamer met en-suite badkamer, stoepkamer en ruim leef- en kombuis area. Huisie het ook ʼn voor- en agter tuin plus ʼn enkel motorhuis)

Ondersteunende / Semi-versorgingseenhede en kamers
• 25 x Ondersteunende eenhede
(Eenslaapkamer met en-suit badkamer. Oopplan vertrek met kombuis en ʼn tuintjie aan die buitekant)
• Ondersteunende kamers
(Hierdie kamers deel ʼn gesamentlike kombuis, en badkamer)

Kamers met
versorging
Kamers met deel badkamers. Hier ontvang inwoners alle maaltye en versorging deur geregistreerde verpleegpersoneel. Dis ideaal vir mense wat bedlêend of rolstoelgebonde is. Ons opgeleide personeel help ook met die was en voeding van verswakte bejaarde inwoners. Hierdie inwoners word met die grootste liefde en respek versorg.
DIENSTE
Kroonstad sentrum vir bajaardes bied dienste aan vir die gerief van ons inwoners. Hierdie lys is ʼn opsomming van die dienste, maar laat weet gerus wat jou spesifieke behoefte is en ons sal kyk of ons kan help. Neem asseblief kennis dat addisionele fooie vir sommige van die dienste geld.
- Tuine waar bejaardes kan rond beweeg en kuier
- Gebalanseerde maaltye
- 24 uur versorging en beskikbaarheid van opgeleide versorgers en ʼn suster
- Medikasie hantering en toediening soos deur die dokter voorgeskryf
- Pak van pille
- Wasgoed word een keer per week gewas
- Kamers word een keer per week skoongemaak
- Drie Multi Choice pakkette
- Noodknoppie en interkomstelsel vir veiligheid
- Direkte kerk uitsending van die NG Kerk Kroonstad-Wes.
- Haarsalon
- Snoepie
- Biblioteek
- Tuindienste vir Soeterus bewoners
- Aktiwiteite soos speletjies aande waar daar kaarte of bingo gespeel word.


Kontak ons gerus vir meer inligting: